Reguleringsteddiebere

PLATINUM-STREEK

Reguleringsteddiebere

PLATINUM-STREEK

468942731_558057820492965_4519658098391747914_n
469279118_558057640492983_3660448241439404457_n
468951101_558057310493016_4895623546546741777_n

Reguleringsteddiebere

Reguleringsteddiebere is 'n projek om kinders wat terapie ontvang en hul ouers te ondersteun. Elke kind ontvang 'n teddiebeer wat deur die gemeenskap gebrei en geskenk is. Saam met die teddie ontvang die gesin ook die storie van Bennie Beer en inligting oor reguleringstegnieke en vaardighede vir ouers en kinders wat deur moeilike emosies moet werk. So bemagtig ons kinders en ouers om hulle emosies te reguleer deur bewus te wees daarvan, dit op 'n gesonde manier uit te druk en empatie te hê met mekaar.

Reguleringsteddiebere word uitgedeel aan alle terapeute by wie kinders terapie ontvang asook by ouerbemagtigingsprojekte waar ouers meer van hierdie tegnieke leer. Kinders en hulle ouers baat by die konsep van regulering en die hulpmiddels omdat dit 'n volhoubare impak op gesinne se lewens kan hê as dit verstaan en reg toegepas word.

 

Wat maak hierdie projek uniek?

 

Die projek betrek bejaardes en gestremdes wat kan brei sodat hulle hul talente en gawes vir 'n baie spesifiek doel kan gebruik om iets aan hul gemeenskap terug te gee. Terapeute se welstand is ook vir ons belangrik, en deur die teddies aan hulle te skenk, sê ons vir hulle ook dankie vir die diens wat hulle lewer en die ondersteuning wat hulle aan die gemeenskap bied.

 

Kontak gerus ons streekspersoneel as jy by hierdie projek betrokke wil raak Desiree