Platinum-Gemeenskap Gons

PLATINUM-STREEK

Platinum-Gemeenskap Gons

Platinum-Gemeenskap Gons is 'n inisiatief waar ons verskeie netwerke, organisasies en instellings in die gemeenskap besoek en kort onderhoude met hulle voer. Hierdie onderhoude word elke tweede week op ons sosialemediaplatforms gedeel.

Die doel van hierdie inisiatief is om gemeenskapslede meer bewus te maak van die mense agter die organisasies en instansies wat daagliks diens lewer aan die gemeenskap. Baie NWO's en inisiatiewe trap diep spore in hul gemeenskappe, maar hul werk bly dikwels onsigbaar. Gemeenskapslede is nie altyd bewus van die dienste wat beskikbaar is, hoe hierdie organisasies ontstaan het, of van die uitdagings en behoeftes waarmee hulle daagliks te doen kry nie.

In die Platinum-streek is netwerking vir ons van groot waarde. Daarom wil ons gemeenskapslede deel maak van ons besoeke aan hierdie instellings en lig werp op die onbaatsugtige werk wat gewone mense doen om hul gemeenskappe te ondersteun en op te bou.

Ons hoop is dat Platinum-Gemeenskap Gons mense sal motiveer om betrokke te raak, meer ingelig te wees oor organisasies wat diens lewer in hul gemeenskap, en groter begrip te ontwikkel vir die behoeftes, uitdagings en tendense waarmee kwesbares daagliks saamleef.