Ouerbemagtigingsprojek

PLATINUM-STREEK

Ouerbemagtigingsprojek

PLATINUM-STREEK

20240313_075038s
466795722_543783648587049_4198327858829597436_n
20240313_083945s

Ouerbemagtigingsprojek

In 2023 het Solidariteit Helpende Hand 'n behoefte aan emosionele ondersteuning geïdentifiseer by ouers met baie maatskaplike uitdagings.

Ons het in 2024 'n waardigheidsprojek aangepak deur vir ouers 'n veilige omgewing te skep waar hulle vrae en uitdagings kan bespreek en vir mekaar 'n ondersteuningsnetwerk vorm. Ons het die projek afgeskop deur een keer per kwartaal 'n samekoms te hou vir die moeders van 'n spesifieke laerskool. Die volgende temas is bespreek en gefasiliteer: Waardigheid, Regulering en dissiplinering, Verhoudings en waardes. Ons het afgesluit met 'n heerlike pottebakkersklas waar die ouers hul eie pinch pots gemaak het en kon reflekteer oor hoe die jaar hulle gevorm het. Ons het ook tydens een byeenkoms daarop gefokus om die mans te ondersteun.

By Solidariteit Helpende Hand glo ons gesonde gesinne kweek gesonde kinders. Daarom rol ons volhoubare projekte uit wat nie net op die fisiese welstand van gesinne fokus nie maar ook op die geestelike, sosiale en emosionele welstand. Ons bemagtig ouers en bevorder die gesinslewe deur middel van ondersteuning, opvoeding en ontwikkelingsinisiatiewe. Ons werk graag saam met vrywilligers in die gemeenskap en betrek taklede, maatskaplike werkers en skoolsielkundiges by ons inisiatiewe. Ons is veral dankbaar dat ons kon handevat met NG Gemeente Krokodilrivier.

Altesaam 25 gesinne is in 2024 met dié projek bemagtig. Na deeglike evaluering en op versoek van die ouers het ons besluit om dit in 2025 voor te sit. Volg gerus Solidariteit Helpende Hand Platinum-streek se Facebook-blad vir meer inligting .

Hoe kan ek betrokke raak by ouerbemagtiging in my gemeenskap?

Kontak ons streekspersoneel gerus as ouerbemagtiging jou na aan die hart lê. Ons werk graag saam met die gemeenskap om projekte te versterk en meer effektief te maak.

Alle skenkings om aktiwiteite moontlik te maak, is ook altyd welkom.