Maatskaplike ondersteuning en kinderbeskerming

PLATINUM-STREEK

2026.05.20_Aanmeldingsprosesse

Maatskaplike ondersteuning en kinderbeskerming

Helpende Hand se maatskaplike dienste en projekte vorm deel van ons welstandsgerigte gemeenskapsontwikkelingstruktuur wat ons in gemeenskappe uitrol.

 

Wanneer gesinne of individue in nood verkeer, of wanneer daar maatskaplike navrae is, is die gemeenskap welkom om ons streeks- maatskaplike werker te kontak vir raad, ondersteuning en toepaslike verwysings. Helpende Hand is nie 'n kinderbeskermingsorganisasie nie en hanteer nie statutêre sake nie, daarom verwys ons sulke sake na die bevoegde strukture wat dit kan hanteer.

 

Individue of gesinne wat basiese behoeftes het, vul 'n assesseringsvorm in waarna die maatskaplike werker die situasie evalueer en bepaal op watter manier ons hulle in die krisis kan bystaan. Indien jy bekommerd is oor kinders, gestremdes, bejaardes of enigiemand anders in jou gemeenskap – of as jy self deur 'n moeilike tyd gaan – kan jy met ons maatskaplike werker in verbinding tree vir leiding, ondersteuning en verwysings.

 

Daarbenewens bied Helpende Hand ook gratis opleiding aan kerke, skole en ander instansies oor toepaslike wetgewing en aanmeldingsprosesse. Op dié manier bemagtig ons gemeenskappe om kinders, gestremdes en bejaardes in hul omgewing beter te kan beskerm en ondersteun.

 

Helpende Hand Platinum-streek se maatskaplike werker is Nadia van der Merwe – 083 613 1238.