Kosblikkie-projek
PLATINUM-STREEK
Helpende Hand se Kosblikkie-projek
Baie kleuterskole en skole se voedingskemas sorg dat kinders deur die dag 'n voedsame maaltyd kan eet. Helpende hand besef die groot uitgawe wat so 'n voedingskema meebring en wil graag finansiële ondersteuning bied aan hierdie skole.
Doen aansoek vir hierdie ondersteuning deur op hierdie skakel te klik: https://helpendehand.co.za/kosblikkie/
Die Platinum-streek ondersteun agt skole in ons gemeenskappe. Weet jy van 'n skool wat sal baat vind by hierdie projek? Maak kontak met ons streekspersoneel vir meer inligting:
Nadia van der Merwe, maatskaplike werker: 083 613 1238
Desiree Oosthuyzen, streekorganiseerder: 081 074 6928