#2766_HelpJag logo-02

PLATINUM-STREEK

#2766_HelpJag logo-02

PLATINUM-STREEK

HelpJag100s

Hoe jy deur HelpJag betrokke kan raak

Een van die grootste take van Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers en streeksorganiseerders is om hulpbronne in die gemeenskap te ondersoek om in behoeftes te voorsien. Ons fokus daarop om gemeenskappe te aktiveer om die gemeenskap te versterk deur in spesifieke behoeftes te voorsien.

In elke gemeenskap is daar verskeie NWO's, welsynsorganisasies, voedingskemas, kerke en tehuise vir bejaardes en persone met gestremdhede wat na kwesbare groepe in die gemeenskap omsien. Die meeste mense is nie bewus van die hoeveelheid werk wat hierdie organisasies in hul gemeenskap doen nie, maar ons stap 'n persoonlike pad met baie van hulle.

HelpJag is 'n projek van Solidariteit Helpende Hand wat hierdie instansies se onmisbare, daaglikse werk ondersteun. Die meeste van diƩ organisasies kry verskeie kosskenkings, maar baie eet vir maande geen vleis nie bloot omdat hulle dit nie kan bekostig nie.

Ons doen 'n beroep op jagters in ons streek om karkasse aan HelpJag te skenk. Ons slaghuisondersteuners verwerk die karkasse en dan versprei ons die vleis onder behoeftige instansies in die gemeenskap.

In 2024 kon ons reeds aan 15 organisasies in Hartbeespoort vleis skenk.

By voorbaat dankie vir jou bydrae wat 'n blywende impak op jou gemeenskap sal maak!

Volg die Platinum-streek se Facebook-blad om te sien waarheen die vleis gaan.