PLATINUM-STREEK
PLATINUM-STREEK
Hoe jy deur HelpJag betrokke kan raak
HelpJag is 'n nasionale inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat geloods word om jagters 'n geleentheid te bied om hul eie gemeenskap se kwesbaarste mense te help versorg, naamlik kinders, bejaardes, mense met gestremdhede en gesinne. Een van Helpende Hand se maatskaplike werkers en streeksorganiseerders se grootste take is om netwerke te bou met hulpbronne in die gemeenskap. Hulle moet ook behoeftes identifiseer en gemeenskappe help om hul kwesbares te ondersteun.
In elke gemeenskap is daar verskeie niewinsgewende organisasies, welsynsorganisasies, voedingskemas, kerke en tehuise wat na kwesbares in die gemeenskap omsien. Die meeste mense weet nie hoe baie werk dié organisasies in hul gemeenskap doen nie, maar ons stap 'n persoonlike pad saam met baie van hulle en besef hoe groot hulle behoeftes is.
HelpJag is 'n projek van Solidariteit Helpende Hand wat hierdie instansies se onmisbare werk ondersteun. Die meeste van dié organisasies kry kosskenkings, maar kan nie altyd 'n stukkie vleis in die bord sit nie omdat hulle dit nie kan bekostig nie. HelpJag wil hulle help om daardie stukkie vleis by te voeg.
Hoe werk dit?
Jagters laat Helpende Hand weet dat hulle een of meer karkasse ten bate van die HelpJag-projek wil skenk.
Helpende Hand verduidelik die proses vir die jagter en tref reëlings met 'n slaghuis om die vleis te verwerk. Helpende Hand verduidelik die proses vir die slagter ook en dra die koste van die verwerking.
Helpend Hand se streekspersoneel laai die verwerkte vleis by die slaghuis op en versprei dit in die direkte gemeenskap.
Besoek www.helpjag.co.za en raak betrokke of stuur 'n e-pos na [email protected] vir meer inligting oor hierdie inisiatief.
Kontak gerus ons streekspersoneel in die Platinum-streek vir meer linligting:
Desiree Oosthuyzen, streeksorganiseerder: 078 365 8777 | 081 074 6928
Nadia van der Merwe, maatskaplike werker: 083 613 1238