Harties Hande HelpJag-kompetisie
ten bate van Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak se gemeenskapsprojekte.
HelpJag is 'n nasionale inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat jagters 'n geleentheid bied om 'n bydrae te maak tot hul eie gemeenskap se kwesbaarste groepe: kinders, bejaardes, mense met gestremdhede en gesinne.
Skryf in die vir die Harties Hande HelpJag-kompetisie en staan 'n kans om 'n wonderlike prys te wen:
Verblyf vir 2 van Dinsdag 12:00 tot Donderdag 10:00 by Kudus Rest Game Lodge, etes ingesluit
PLUS 'n geleentheid om 'n blouwildebees en springbok te skiet
Die horings en velle is joune, maar die vleis gaan na die gemeenskap.
R100 per kaartjie
Die wenner is die inskrywing met die oorspronklikste slagspreuk oor 'n jagervaring.
Fondse word ingesamel ten bate van Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak se gemeenskapsprojekte.
Skryf nou in!
"*" indicates required fields