Help Hetta-projek

PLATINUM-STREEK

2026.05.20_HelpHetta

Helpende Hand se Help Hetta-projek

Die HelpHetta-projek dra direk by tot die fisiese en emosionele welstand van jong meisies deur hulle van sanitêre ware en basiese higiëneprodukte te voorsien, sodat hulle met waardigheid skool kan bywoon en hul daaglikse aktiwiteite kan voortsit. Skole in die Platinum-streek ontvang jaarliks die Help Hetta-skakel om aansoek te doen vir sanitêre ware vir die meisies wat dit benodig.

 

Benewens die praktiese ondersteuning ontvang die meisies ook emosionele en geestelike begeleiding deur werksessies en WhatsApp-boodskappe wat fokus op eiewaarde, verhoudings, groepsdruk en selfs selfverdediging. Om die boodskappe te ontvang, kan die meisies die volgende WhatsApp-skakel op hul fone aflaai: https://whatsapp.com/channel/0029Vb6vMBZD8SDxY3oHQS0D

 

Só help die projek nie net om in fisiese behoeftes te voorsien nie, maar ook om meisies sterker, meer selfversekerd en weerbaar te maak.

 

Kontak gerus ons streekspersoneel vir meer inligting oor hierdie projek, hoe jy betrokke kan raak of hoe dit 'n verskil in jou direkte omgewing kan maak:

Nadia van der Merwe, maatskaplike werker: 083 613 1238

Desiree Oosthuyzen, streeksorganiseerder: 081 074 6928