Een Hart Een Huis
PLATINUM-STREEK
Een Hart Een Huis
Op 18 April 2026 het die Helpende Hand Platinum-streekspan die Een Hart Een Huis-streeksprojek aangepak in samewerking met verskeie kundiges uit die gemeenskap, insluitend die Brits Dienssentrum. Die doel is om ouers op verskeie terreine van ouerskap te bemagtig.
Kundiges vanuit die Brits- en Hartbeespoort-gemeenskap het waardevolle insette gelewer oor onderwerpe soos AGHS (ADHD), die tiener-ouer-verhouding, die geestelike groei van tieners, asook dissipline en konneksie met kinders.
Die geleentheid het 'n insiggewende, informele en gemaklike atmosfeer geskep waar ouers die geleentheid gehad het om vrae te vra, raad te ontvang en ondersteuning van kundiges in die gemeenskap te verkry