Die Skooltassie-projek – 'n waardige eerste skooldag vir elke graad R-leerder
Die Tassie-projek is een van Helpende Hand se vele nasionale projekte wat deel vorm van ons welstandsgerigte gemeenskapsontwikkelingstruktuur. By Helpende Hand glo ons in volhoubaarheid, en daarom is dit vir ons van kardinale belang dat opvoeding, opleiding en ontwikkeling altyd die kern bly van ons projekte in gemeenskappe.
Dit is weer tyd vir ons jaarlikse Tassie-aansoeke – 'n inisiatief wat daarop gemik is om graad R-leerders toe te rus met alles wat hulle benodig om hul skoolloopbaan waardig en hoopvol te begin. Met hierdie projek help ons om seker te maak dat geen kind hul eerste skooldag sonder die nodige basiese skoolbenodigdhede hoef aan te pak nie.
In die Helpende Hand Platinum-streek deel ons jaarliks meer as 85 tassies uit aan skole wat namens hul leerders aansoek doen. Tog is daar steeds baie kinders wat nie hierby baat nie.
Die tassies word grootliks deur ons nasionale projekte befonds, maar ons nooi jou – as besigheidseienaar of lid van die gemeenskap – uit om ook deel te word van hierdie mooi projek. Jy kan 'n tassie skenk teen 'n bedrag van R450 en 'n kind só help om die eerste skooldag hoopvol en trots te begin.
Ons nooi graag die skole in ons streek uit om namens hul leerders aansoek te doen.
Klik op hierdie skakel om aansoek te doen: www.tassie.co.za.
Kontak gerus ons streekspersoneel vir meer inligting oor hierdie projek, hoe jy betrokke kan raak of hoe dit 'n verskil in jou direkte omgewing kan maak:
Nadia van der Merwe, maatskaplike werker: 083 613 1238
Desiree Oosthuyzen, streeksorganiseerder: 081 074 6928