Seniors in Aksie skop af in Hartbeespoort

Marita Berrisford, ‘n lid van Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak, het in Augustus 2025 die Seniors in Aksie-program by Ellies Care Centre van stapel gestuur. Dr. Melodie de Jager se Mind Moves Institute het die program in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers saamgestel met die doel om die algehele welstand van bejaardes in die gemeenskap te bevorder.

Read More

Welstand van die Bejaarde: Projekopsomming

Die Solidariteit Helpende Hand Platinum-streek se Brits-tak het vanaf Augustus 2025 ’n viermaande Senior Welstand-program aangebied, met die finale sessie – ’n afsluitings- en Kersfeesgeleentheid – wat op 28 November 2025 plaasvind. In die Brits-gemeenskap bestaan daar tans baie beperkte versorgingseenhede vir bejaardes. Gevolglik woon talle seniors tot op ’n gevorderde ouderdom in hul eie…

Read More

Ons Winkels – Bou ‘n toekoms-kompetisie

Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels is die fondament waarop volhoubare nasionale, streeks- en takprojekte in gemeenskappe in Suid-Afrika gebou word. Hierdie projekte is daarop gemik om gemeenskappe se uitdagings te verlig, oorkom en in baie gevalle selfs te voorkom. In 2024 is die Platinum-streek se Ons Winkels as streekwenner van die jaar aangewys –…

Read More

Solidariteit Helpende Hand vat hande met kerke!

Voel jy hoe meer jou kerk gee, hoe groter raak die behoeftes en hoe kleiner raak jou kapasiteit? Solidariteit Helpende Hand vat hande met kerke, want ons kan nie en wil nie sonder kerke die gemeenskap dien nie. In 2024 het Solidariteit Helpende Hand reeds kerke-ontbyte gehad in Brits en Hartbeespoort. Ons is baie dankbaar…

Read More

Nasionale Projekte – Aanmeldingsprosesse

Wanneer en hoe meld ‘n gemeenskapslid, skool, kerk of sentrum wat met kinders, bejaardes of gestremdes werk ‘n saak by ‘n maatskaplike werker aan? By watter organisasie moet sake aangemeld word en hoe word die aanmelder se identiteit beskerm? Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike afdeling bied volledige opleiding oor hierdie prosesse aan vir gemeenskapslede, skole…

Read More

Nasionale projek – Piet Tande

Piet Tande samel saam met die skole in die Platinum-streek tandepasta en tandeborsels in vir behoeftige kinders! Hoekom toer Piet Tande by skole? Dit is ons plig om die publiek se kennis oor mondhigiëne op te skerp. Ons kan die impak van siektetoestande en gesondheidsrisiko’s op die algehele gesondheid van ons jeug beperk deur skole…

Read More

‘n Goedvoelstorie van HOOP

‘n Dagreis in die Platinum-streek Die krag van HOOP in die maatskaplikewerkprofessie “En mag die God van die HOOP julle vervul met alle blydskap en vrede deur die GELOOF, dat julle oorvloedig kan wees in die HOOP deur die KRAG van die Heilige Gees!” Romeine 15:13. Ons klim vroeg in die kar en ry so…

Read More

Nasionale projek: HelpJag

Een van Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers en streeksorganiseerders se grootste take is om hulpbronne in gemeenskappe op te spoor en by mekaar te bring sodat daar effektief in die gemeenskap se behoeftes voorsien kan word. Ons fokus daarop om gemeenskappe te aktiveer om in hul eie behoeftes te voorsien sodat die gemeenskap vanuit…

Read More