Braaf die Boerboel
PLATINUM-STREEK
Braaf die Boerboel
PLATINUM-STREEK




Braaf die Boerboel
Braaf die Boerboel lyk soos Superman, maar is in kakie geklee en dans op maat van die Afrikaanse sanggroep JAN JAN JAN se liedjie "Braaf soos 'n Boerboel". Braaf die Boerboel kuier by skole en kleuterskole om kinders te leer van dapperheid en hoe om in verskeie situasies braaf te wees.
In die Platinum-streek samel Braaf graag Bybels in vir kinders en gesinne wat nie Bybels het nie. Hy moedig alle kinders aan om net so dapper te wees as wat die Here ons in die Bybel beveel het om te wees (Josua 1:6-9 en Filippense 4:13). Kinders ontvang 'n armbandjie waarop staan "Wees braaf" om hulle te herinner aan Braaf se boodskap.
In 2024 het Braaf nege skole in die Platinum-streek besoek. Party skole het hondekos ingesamel as deel van hul GEE 5-skoleprojekte en ander skole en kerke het Bybels ingesamel vir kinders en gesinne wat nie het nie. Ons kon in totaal 127 Bybels versprei, 600 "Wees braaf"-armbandjies uitdeel en kinders bemagtig om braaf te wees. Ons het twee GROOT skenkings aan HAWS oorhandig met behulp van hierdie projek. Dit is vir ons wonderlik om hande te vat met verskeie instellings in gemeenskappe met die doel om gemeenskapslede en instansies met mekaar te verbind en hulle te dien.
Hoe kan jy betrokke raak by ons Braaf die Boerboel-projek in jou gemeenskap?
Nooi Braaf om vir jou skool te kom kuier.
Kerke en skole kan Kinderbybels en Bybels vir die projek skenk.
Maak gerus kontak met die streekspersoneel van die Platinum-streek.