Bemagtig 'n Kind-projek

PLATINUM-STREEK

2026.05.20_Bemagtig__n_Kind

Helpende Hand se Bemagtig 'n Kind-projek

Die Bemagtig 'n Kind-projek is 'n hartsmissie wat daarop gemik is om kinders se lewens te verander en hul toekoms helderder te maak. Te veel kinders staar elke dag uitdagings in die gesig wat hul potensiaal kelder – van leerprobleme en armoede tot trauma soos mishandeling, verwaarlosing of die verlies van 'n geliefde.

 

Hierdie projek bied 'n helpende hand waar dit die nodigste is: ekstra klasse, remediërende onderrig, terapie en selfs basiese dinge soos vervoer en koshuisgelde. Elke bydrae en elke vorm van ondersteuning help 'n kind om weer in sy of haar eiewaarde en toekoms te glo. Deur saam met die Ons Sentrum, takke, streke en gemeenskapstrukture te werk, help die projek kinders om hul pyn te verwerk en weer hoop te kry. Bemagtig 'n Kind is dus meer as net 'n projek – dit is 'n kans om 'n kind se wêreld van donker na lig te verander.

 

Die Bemagtig 'n Kind-projek word tans uitgerol in die Platinum-streek uitgerol. As jy van kinders weet wat 'n uitdaging in die gesig staar, maak gerus kontak met die streeks- maatskaplike werker, Nadia van der Merwe – 083 613 1238, of besoek ons webtuiste by www.helpendehand.co.za