PLATINUM-STREEK

PLATINUM-STREEK

Rustenburg-tak

Die Helpende Hand Rustenburg-tak wil in 2026 ‘n verskil in hul gemeenskap maak met Solidariteit Helpende Hand se nasionale Help Hetta-projek.

Die tak het Laerskool Rustenburg en Hoërskool Rustenburg onlangs besoek om Help Hetta-pakkies onder behoeftige meisies uit te deel. Die pakkies bevat verskeie higiëniese produkte wat verpak is in sakkies wat spesiaal deur die taklede self gemaak is. Help Hetta-pakkies bevat ook ‘n Help Hetta WhatsApp-skakel na ‘n ondersteuningsgroep wat professionele begeleiding en ondersteuning deur Helpende Hand se maatskaplike werkers aan hierdie meisies bied.

Baie dankie aan Rustenburg-tak se dagbestuur Lizette, Gert en Yolanda vir hierdie pragtige inisiatief. Julle omgee-harte en harde werk maak ‘n verskil in jong meisies se lewens!

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie