PLATINUM-STREEK

PLATINUM-STREEK

Ons Winkel WoekerWoensdae

Helpende Hand Harties Hande-tak en Ons Winkel Damdoryn pak saam ‘n splinternuwe projek aan!

Ons Winkel WoekerWoensdae is ‘n herwinningsprojek waar die Harties Hande-tak vir 10 mense in die gemeenskap herwinningstegnieke aanleer. Hulle gebruik dan hulle nuwe vaardighede en goedere wat hulle in die Ons Winkel vind om iets nuuts te skep! Items soos papierblomme, hondespeelgoed en breiware is reeds met groot sukses vervaardig.

Die opleiding word in Ons Winkel Damdoryn aangebied en kos slegs R50 per persoon. Die fondse dra by tot Harties Hande se takfondse waarmee hulle kinders se skoolfonds aanvul. Hierdie herwinningsprojekte bied hope pret waar gemeenskapslede nuwe mense kan ontmoet en waardevolle verhoudings bou.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie