PLATINUM-STREEK

PLATINUM-STREEK

Harties Hande-tak reik uit na Huis Dalia

Die Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak het onlangs ‘n hartroerende uitreikaksie na Huis Dalia in Hartbeespoort onderneem. Die tak het 14 bejaardes bederf met warm breiware, heerlike vrugterolle, opregte geselsies en baie drukkies.

Vir baie senior burgers is die behoefte om te behoort en deel van ‘n gemeenskap te wees van onskatbare waarde. Navorsing toon dat vereensaming onder bejaardes ‘n groeiende uitdaging is, dikwels as gevolg van faktore soos verlies aan geliefdes, beperkte mobiliteit en minder sosiale kontak. Daarom maak eenvoudige gebare van omgee en menslike verbinding dikwels ‘n wรชreld se verskil.

Die besoek was nie net ‘n geleentheid om geskenke uit te deel nie, maar ook om tyd saam deur te bring, herinneringe te deel en vir elke inwoner te wys dat hulle raakgesien en gewaardeer word. Die glimlagte, laggies en opregte dankbaarheid het weereens bewys dat die grootste geskenk dikwels ons tyd en aandag is.

Baie dankie aan die Harties Hande-tak en elke vrywilliger wat hul harte oopmaak vir die senior burgers van die Hartbeespoort-gemeenskap. Julle dra by tot die emosionele welstand van ons bejaardes en herinner hulle dat hulle steeds ‘n waardevolle en geliefde deel van die gemeenskap is. Saam bou ons gemeenskappe waar niemand alleen hoef te voel nie.

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie