Solidariteit Helpende Hand vat hande met kerke!
Voel jy hoe meer jou kerk gee, hoe groter raak die behoeftes en hoe kleiner raak jou kapasiteit?
Solidariteit Helpende Hand vat hande met kerke, want ons kan nie en wil nie sonder kerke die gemeenskap dien nie.
In 2024 het Solidariteit Helpende Hand reeds kerke-ontbyte gehad in Brits en Hartbeespoort. Ons is baie dankbaar vir die inkoop en samewerking! Die doel met kerke-ontbyte in ons streke is om kerkleiers en barmhartigheidspanne te bemagtig om saam te werk aan volhoubare strukture wat gemeenskappe vooruit neem en nie net armoede in stand hou nie. Ons vra kerke om armoede en uitdagings in die gemeenskap saam met ons op ‘n volhoubare wyse aan te pak.
Ons sien uit na ons volgende kerke-ontbyte in Rustenburg en Magalies. Kontak ons streekspersoneel vir meer inligting oor hierdie geleenthede.