Nasionale Projekte – Aanmeldingsprosesse

Wanneer en hoe meld ‘n gemeenskapslid, skool, kerk of sentrum wat met kinders, bejaardes of gestremdes werk ‘n saak by ‘n maatskaplike werker aan? By watter organisasie moet sake aangemeld word en hoe word die aanmelder se identiteit beskerm?

Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike afdeling bied volledige opleiding oor hierdie prosesse aan vir gemeenskapslede, skole en kerke sodat persone wat sake aanmeld veilig kan voel en weet dat hulle die regte inligting het en die regte prosesse volg. Ons voorsien ook die regte vorms, kontakbesonderhede en inligting aan instansies soos skole en kerke sodat hulle die beste ondersteuning en dienste kan kry vir hulself en die kind of bejaarde wat aangemeld word. Kontak gerus ons maatskaplike werker, mev. Nadia van der Merwe, by 083 613 1238 vir meer inligting oor die opleiding.