Die Platinum-streek het in Julie 2022 as 'n volwaardige streek begin funksioneer. Die streek sluit die volgende groot dorpe in: Brits, Broederstroom, Hartbeespoortdam, Hekpoort, Mooinooi, Rustenburg, Skeerpoort en Magaliesburg.
Die streek het die volgende personeel: Streeksorganiseerder: Desiree Oosthuyzen, Maatskaplike werker: Nadia van der Merwe en Kliëntediensbeampte: Lenelia Naude
Die Platinum-streek het tans drie studiefondse wat voorsiening maak vir rentevrye studielenings wat dit vir studente moontlik maak om verder te studeer. Tans is daar vier Ons Winkels en vyf Helpende Hand-takke in ons streek wat die nood onder Afrikaners op grondvlak probeer verlig deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons verseker voorspoed deur projekte uit te rol wat fokus op die opvoeding, opleiding en ontwikkeling van begunstigdes. Daardeur wil ons hulle bemagtig om die armoedesiklus te verlig, voorkom en verbreek.
Helpende Hand se fokusgroepe sluit die kwesbaarstes in die gemeenskap in: kinders, mense met gestremdhede, bejaardes, en gesinne.
Die Platinum-streek rol projekte op drie verskillende vlakke uit:
- Nasionale projekte word in alle streke in die land uitgerol.
- Streekprojekte is gemik op spesifieke behoeftes in ons streek.
- Tak-projekte is gemik op spesifieke behoeftes in elke tak se gemeenskap; taklede pak dit aan deur hul talente en gawes te gebruik, en ons streekspersoneel ondersteun hulle met leiding.
Dankie aan elkeen in ons die Platinum-streek wat reeds betrokke is en 'n verskil maak in ons gemeenskappe.
Ons steek ons hande uit om te help! Kom gee ook jou hand en skep saam met ons hoop vir die toekoms.
Hoe jy deur HelpJag betrokke kan raak
Een van die grootste take van Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers en streeksorganiseerders is om hulpbronne in die gemeenskap te ondersoek om in behoeftes te voorsien.
GEE 5-skole-inisiatief
Met die GEE 5-skole-inisiatief wil Solidariteit Helpende Hand skole en kleuterskole bemagtig om deur die jaar 5 projekte binne elke skool se kapasiteit vir hulle gemeenskap te doen.
Eksamen-PEN-projek
In 2023 het ons streek geïdentifiseer dat graad 4-7 leerders nie altyd toegerus is of weet hoe om vir hul toetse en eksamens voor te berei nie.
Reguleringsteddiebere
Reguleringsteddiebere is 'n projek om kinders wat terapie ontvang en hul ouers te ondersteun. Elke kind ontvang 'n teddiebeer wat deur die gemeenskap gebrei en geskenk is.
Braaf die Boerboel
Braaf die Boerboel lyk soos Superman, maar is in kakie geklee en dans op maat van die Afrikaanse sanggroep JAN JAN JAN se liedjie "Braaf soos 'n Boerboel".
Ouerbemagtigingsprojek
In 2023 het Solidariteit Helpende Hand 'n behoefte aan emosionele ondersteuning geïdentifiseer by ouers met baie maatskaplike uitdagings.