Platinum streek_Blou_web-01

PLATINUM-STREEK

Platinum streek_Blou_web-01

PLATINUM-STREEK

The town of Graaff-Reinet lies in the Valley of Desolation in the northeast Karoo region of the Eastern Cape province in South Africa. Founded  in 1786, exactly a century before Johannesburg, it is the third-oldest colonially established settlement in South Africa. Notable South Africans born in Graaff-Reinet include anti-apartheid activists Robert Sobukwe, Matthew Goniwe and Beyers Naude, artist Helen Martins, 19th-century road builders Andrew Geddes Bain and Thomas Charles John Bain, palaeontologist James Kitching and business mogul Anton Rupert. (South African Tourism, CC BY-2.0)

Die Platinum-streek het in Julie 2022 as 'n volwaardige streek begin funksioneer. Die streek sluit die volgende groot dorpe in: Brits, Broederstroom, Hartbeespoortdam, Hekpoort, Mooinooi, Rustenburg, Skeerpoort en Magaliesburg.

Die streek het die volgende personeel: Streeksorganiseerder: Desiree Oosthuyzen, Maatskaplike werker: Nadia van der Merwe en Kliëntediensbeampte: Lenelia Naude

Die Platinum-streek het tans drie studiefondse wat voorsiening maak vir rentevrye studielenings wat dit vir studente moontlik maak om verder te studeer. Tans is daar vier Ons Winkels en vyf Helpende Hand-takke in ons streek wat die nood onder Afrikaners op grondvlak probeer verlig deur middel van gemeenskapsontwikkeling. Ons verseker voorspoed deur projekte uit te rol wat fokus op die opvoeding, opleiding en ontwikkeling van begunstigdes. Daardeur wil ons hulle bemagtig om die armoedesiklus te verlig, voorkom en verbreek.

Helpende Hand se fokusgroepe sluit die kwesbaarstes in die gemeenskap in: kinders, mense met gestremdhede, bejaardes, en gesinne.

Die Platinum-streek rol projekte op drie verskillende vlakke uit:

  • Nasionale projekte word in alle streke in die land uitgerol.
  • Streekprojekte is gemik op spesifieke behoeftes in ons streek.
  • Tak-projekte is gemik op spesifieke behoeftes in elke tak se gemeenskap; taklede pak dit aan deur hul talente en gawes te gebruik, en ons streekspersoneel ondersteun hulle met leiding.

Dankie aan elkeen in ons die Platinum-streek wat reeds betrokke is en 'n verskil maak in ons gemeenskappe.

Ons steek ons hande uit om te help! Kom gee ook jou hand en skep saam met ons hoop vir die toekoms.

Ontmoet ons personeel

IMG_9913s

Desiree Oosthuyzen

Streeksorganiseerder
[email protected]

078 365 8777
IMG_9911s

Nadia van der Merwe

Maatskaplike Werker
[email protected]

083 613 1238

NASIONALE PROJEKTE

2026.05.20_Tassie_projek

Die Skooltassie-projek – 'n waardige eerste skooldag vir elke graad R-leerder

Die Tassie-projek is een van Helpende Hand se vele nasionale projekte wat deel vorm van ons welstandsgerigte gemeenskapsontwikkeling­struktuur. By Helpende Hand glo ons in volhoubaarheid, en daarom is dit vir ons van kardinale belang dat opvoeding, opleiding en ontwikkeling altyd die kern bly van ons projekte in gemeenskappe.

2026.05.20_Kosblikkie

Helpende Hand se Kosblikkie-projek

Baie kleuterskole en skole se voedingskemas sorg dat kinders deur die dag 'n voedsame maaltyd kan eet. Helpende hand besef die groot uitgawe wat so 'n voedingskema meebring en wil graag finansiële ondersteuning bied aan hierdie skole.

2026.05.20_Bemagtig__n_Kind

Helpende Hand se Bemagtig 'n Kind-projek

Die Bemagtig 'n Kind-projek is 'n hartsmissie wat daarop gemik is om kinders se lewens te verander en hul toekoms helderder te maak. Te veel kinders staar elke dag uitdagings in die gesig wat hul potensiaal kelder – van leerprobleme en armoede tot trauma soos mishandeling, verwaarlosing of die verlies van 'n geliefde.

2026.05.20_HelpHetta

Helpende Hand se Help Hetta-projek

Die HelpHetta-projek dra direk by tot die fisiese en emosionele welstand van jong meisies deur hulle van sanitêre ware en basiese higiëneprodukte te voorsien, sodat hulle met waardigheid skool kan bywoon en hul daaglikse aktiwiteite kan voortsit. Skole in die Platinum-streek ontvang jaarliks die Help Hetta-skakel om aansoek te doen vir sanitêre ware vir die meisies wat dit benodig.

2026.05.20_Aanmeldingsprosesse

Maatskaplike ondersteuning en kinderbeskerming

Helpende Hand se maatskaplike dienste en projekte vorm deel van ons welstandsgerigte gemeenskapsontwikkelingstruktuur wat ons in gemeenskappe uitrol.

2026.05.18_HelpJag_Broshure

HelpJag

HelpJag is 'n nasionale inisiatief van Solidariteit Helpende Hand wat geloods word om jagters 'n geleentheid te bied om hul eie gemeenskap se kwesbaarste mense te help versorg, naamlik kinders, bejaardes, mense met gestremdhede en gesinne. Een van Helpende Hand se maatskaplike werkers en streeksorganiseerders se grootste take is om netwerke te bou met hulpbronne in die gemeenskap. Hulle moet ook behoeftes identifiseer en gemeenskappe help om hul kwesbares te ondersteun.

2026.05.21_Hoopdaer_Toekenning_1

Helpende Hand se Hoopdraer-toekennings

Internasionale Maatskaplikewerkersdag word elke jaar in Maart gevier. Dit is 'n dag van eerbetoon aan maatskaplike werkers, 'n dag waarop ons die onbaatsugtige werk vier van dié stille bouers van hoop in ons samelewing.

STREEKPROJEKTE

Byeenkoms_20.02.2026

Maatskaplike forum

Stigting van maatskaplike forums in die Platinum-streek

20231204_130054s

GEE 5-skole-inisiatief

Met die GEE 5-skole-inisiatief wil Solidariteit Helpende Hand skole en kleuterskole bemagtig om deur die jaar 5 projekte binne elke skool se kapasiteit vir hulle gemeenskap te doen.

20241004_081426_-_Copy2

Eksamen-PEN-projek

In 2023 het ons streek geïdentifiseer dat graad 4-7 leerders nie altyd toegerus is of weet hoe om vir hul toetse en eksamens voor te berei nie.

469279118_558057640492983_3660448241439404457_n

Reguleringsteddiebere

Reguleringsteddiebere is 'n projek om kinders wat terapie ontvang en hul ouers te ondersteun. Elke kind ontvang 'n teddiebeer wat deur die gemeenskap gebrei en geskenk is.

Screenshot_20250113_082256_Facebook

Braaf die Boerboel

Braaf die Boerboel lyk soos Superman, maar is in kakie geklee en dans op maat van die Afrikaanse sanggroep JAN JAN JAN se liedjie "Braaf soos 'n Boerboel".

20240313_075038s

Ouerbemagtigingsprojek

In 2023 het Solidariteit Helpende Hand 'n behoefte aan emosionele ondersteuning geïdentifiseer by ouers met baie maatskaplike uitdagings.

Platinum-Gemeenskap Gons

Platinum-Gemeenskap Gons is 'n inisiatief waar ons verskeie netwerke, organisasies en instellings in die gemeenskap besoek en kort onderhoude met hulle voer. Hierdie onderhoude word elke tweede week op ons sosialemediaplatforms gedeel.

Een_Hart_Een_Huis_2

Platinum-Gemeenskap Gons

Platinum-Gemeenskap Gons is 'n inisiatief waar ons verskeie netwerke, organisasies en instellings in die gemeenskap besoek en kort onderhoude met hulle voer. Hierdie onderhoude word elke tweede week op ons sosialemediaplatforms gedeel.

TAKPROJEKTE

Hartbeespoort-tak

Seniors in Aksie

Bergsig Versorgingsoord in Hartbeespoort huisves ongeveer 40 senior dames. Die inwoners word met waardigheid versorg, toegerus en bedien. Baie van hulle is afhanklik van slegs hul SASSA-toelae. Alhoewel daar in hul basiese behoeftes voorsien word, bestaan daar steeds 'n groot behoefte aan stimulasieprogramme, sosiale betrokkenheid, besoeke en persoonlike aandag.

Helpende Hand Harties Hande-tak – Persketee

Helpende Hand Harties Hande-tak het op 9 Mei 'n besonderse Persketee aangebied ten bate van die bejaardes in die gemeenskap.

Harties Hande-tak reik uit na Huis Dalia

Die Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak het onlangs 'n hartroerende uitreikaksie na Huis Dalia in Hartbeespoort onderneem. Die tak het 14 bejaardes bederf met warm breiware, heerlike vrugterolle, opregte geselsies en baie drukkies.

Ons Winkel WoekerWoensdae

Helpende Hand Harties Hande-tak en Ons Winkel Damdoryn pak saam 'n splinternuwe projek aan!

Broederstroom-tak

Brits-tak

SeniorSensasieSamekoms – Brits

In 2025 het Helpende Hand Brits-tak vyf welstandsdae vir seniors aangebied in samewerking met ons streekspersoneel. Hierdie geleenthede is spesiaal ingerig om senior burgers te bemagtig en ondersteun met gratis, insiggewende praatjies en doelgerigte aktiwiteite, aangebied met die ondersteuning van verskeie rolspelers in die Brits-gemeenskap.

Rustenburg-tak

Rustenburg-tak

Die Helpende Hand Rustenburg-tak wil in 2026 'n verskil in hul gemeenskap maak met Solidariteit Helpende Hand se nasionale Help Hetta-projek.

Magaliesburg-tak

Nuus vanuit ons streek

Ons Winkel WoekerWoensdae

Helpende Hand Harties Hande-tak en Ons Winkel Damdoryn pak saam 'n splinternuwe projek aan!
Lees meer...

Rustenburg-tak

Die Helpende Hand Rustenburg-tak wil in 2026 'n verskil in hul gemeenskap maak met Solidariteit Helpende Hand se nasionale Help Hetta-projek.
Lees meer...

Harties Hande-tak reik uit na Huis Dalia

Die Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak het onlangs 'n hartroerende uitreikaksie na Huis Dalia in Hartbeespoort onderneem. Die tak het 14 bejaardes bederf met warm breiware, heerlike vrugterolle, opregte geselsies en baie drukkies.
Lees meer...

Seniors in Aksie se Kuier, Klets en Kielie die Spiere-projek

Ons gemeenskappe se senior burgers lê ons by Helpende Hand baie na aan die hart en ons besef dat oudword glád nie vir sissies is nie. Helpende Hand beskou dit as ons roeping om al ons belangegroepe, dus ook ons seniors, holisties te ontwikkel en ondersteun. Dr. Melodie de Jager, ‘n opvoedkundige, motiveringspreker, Mind Dynamix-profileerder…
Lees meer...

De Kroon-mamma’s se Koffiegesprekke: ’n Kosbare Tweejaar-reis van Ondersteuning en Saamstaan

Vir die afgelope twee jaar kuier die Solidariteit Helpende Hand-streekspan elke kwartaal saam met ’n besondere groep mammas van Laerskool De Kroon. Hierdie oop groep bied ’n veilige ruimte waar ma’s saamkom om mekaar te ondersteun, inspirasie te vind en bietjie asem te skep te midde van die eise van ouerskap en die lewe.
Lees meer...

Seniors in Aksie skop af in Hartbeespoort

Marita Berrisford, 'n lid van Solidariteit Helpende Hand Harties Hande-tak, het in Augustus 2025 die Seniors in Aksie-program by Ellies Care Centre van stapel gestuur. Dr. Melodie de Jager se Mind Moves Institute het die program in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike werkers saamgestel met die doel om die algehele welstand van bejaardes in die gemeenskap te bevorder.
Lees meer...

Word deel van die Solidariteit Helpende Hand familie

Kalender

 

Skenk by jou naaste Ons Winkel

Untitled-1